Solidarteit Wêreld
2017 – Uitgawe 4 Webwoelings
Verhoog só jou produktiwiteit
Deur Michelle | 10 Augustus 2017

Deur Leandré Buys

Om jou produktiwiteit te verhoog, is ’n doelwit wat professionele beroepslui, ouers, studente en entrepreneurs almal met mekaar deel. Om genoeg ure in die dag bymekaar te skraap om al jou take of doelwitte te bereik, kan soms moeilik of onmoontlik voel. Soms hardloop die dag net eenvoudig met ’n mens weg en jy besef dat jy eintlik baie min bereik het, maar jy weet nie noodwendig hoekom nie. Dit is ook frustrerend as jy weet die feit dat jou tydsbestuur nie na wense is nie (en dat jy selfs ’n bietjie ongeorganiseerd is), bydra tot die rede waarom jy nie alles in ’n dag gedoen kan kry nie.

Maar daar is hoop! Belê 'n bietjie tyd in een of meer van die onderstaande kursusse om jou produktiwiteit te verhoog. Die beste van alles is dat hierdie kursusse gratis is.

  1. Skep ‘n perfekte oggendroetine
    Platform: SkillShare
    Tydsduur van kursus: 12 lesings
    Tyd: 1 tot 3 minute per lesing

    Die meeste mense se oggende kan dol raak, maar dit hoef nie so te wees nie. Om ‘n minder stresvolle oggend te hê, kan jou deurgaans meer produktief maak. As jy vroeër wakker word om tyd in te ruim vir die dinge wat jy geniet, kan jy selfs jou persoonlike groei stimuleer en jou algemene geestesgesondheid verbeter.

 

  1. Leer hoe om te leer: Kragtige gereedskap om jou te help om moeilike vakke te bemeester
    Platform: Coursera
    Tydsduur van kursus: 4 weke
    Tyd: 1 uur per week

    As jy in staat is om inligting vinniger te kan leer of verstaan, kan jy deur die loop van die dag meer produktief wees. Geheuetegnieke, 'n paar illusies daarvan en ander interessante wenke word alles in hierdie kursus behandel. Dit bied selfs tegnieke om die uitstel van take te hanteer. Hierdie Coursera-kursus bied praktiese tegnieke wat jy by die werk of skool kan gebruik.

  1. Effektiewe tydsbestuur – Kry 10 keer meer in minder tyd gedoen
    Platform: Udemy
    Tydsduur van kursus: 9 lesings
    Tyd: 5 tot 7 minute per lesing

    Tydsbestuur is veral moeilik vir eienaars van kleinsakeondernemings en entrepreneurs. Miskien is dit waarom só ‘n kursus, wat spesifiek vir hierdie gehoor ontwerp is, beskikbaar is. In plaas daarvan om net op tydsbestuur fokus, leer hierdie Udemy-kursus jou om te bepaal watter take “hoë waarde”-take is, sodat jy meer waarde en resultate kry vir die tyd wat jy daarin belê het.

  1. Sit minder, word aktief
    Platform: Coursera
    Tydsduur van kursus: 3 weke
    Tyd: 1 ½ uur per week

    Jou geestelike waaksaamheid en fokus word deur jou aktiwiteitsvlak deur die loop van die dag beïnvloed. As jy te lank op een plek sit, verminder jou energie- en kreatiwiteitsvlakke  en dit kan ‘n negatiewe uitwerking op jou gemoedstoestand hê. Sodra jy leer hoe om minder te sit en meer aktief deur die dag te wees, sal jy meer energie hê en dus meer produktief deur die dag wees. Hierdie kursus help jou om jou huidige beweging te monitor en gesonde doelwitte vir jouself te stel.

Bronne: www.skillshare.com, www.coursera.org, www.udemy.com

  •  
  •  
  •  
Redakteursbrief

Ek het nou die dag lekker vir ’n kollega van my gelag. Dit was ’n moeilike dag by die werk, want die sperdatum van ’n projek was op hande terwyl daar nog ’n miljoen goed gedoen moes word. Sy kan soos ’n tornado deur die kantoor waai as sy só ’n dag beleef en so […]


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close