Solidarteit Wêreld
2017 – Uitgawe 5 Nuuswaardig
Video wys teendeel van afbrekende kunswerk
Deur Michelle | 29 September 2017

Die kunswerk van Dean Hutton wat die woorde F*** White People in wit en swart herhaal, het die tonge behoorlik los – nie net oor die kunstenaar nie, maar ook die hofbeslissing wat op sigself opspraak gemaak het. Hooflanddros D.M. Thulare het beslis dat dié kunswerk nie haatspraak is nie nadat die groep Cape Party die kunstenaar by die landdroshof in Kaapstad van haatspraak aangekla het.

Solidariteit het in reaksie hierop ’n video bekend gestel waarin die publiek kan sien hoe ’n alternatief vir die afbrekende F*** White People-kunswerk geskep word. Dit volg nadat Solidariteit ’n veldtog geloods het waarin lede van die publiek gevra is om opbouende woorde aan te stuur wat die positiewe gevoel en vooruitsigte van die gemeenskap weerspieël. Dié woorde is toe gebruik om die gewraakte kunswerk toe te plak.

Volgens Francois Redelinghuys, kommunikasiebestuurder by Solidariteit, was die publiek se reaksie op die vakbond se veldtog aangrypend. “Woorde soos vrede, samesyn, respek, vasbyters, genesing, hardwerkend, skeppers en BOU is van die woorde wat gebruik is om ’n baie negatiewe oorspronklike boodskap toe te plak. Ons glo dat dié woorde ’n baie beter weerspieëling is van wie en wat alle Suid-Afrikaners werklik wil verteenwoordig,” sê Redelinghuys.

Volgens hom het die vakbond die Nasionale Kunsmuseum in Kaapstad, waar die F*** White People-kunswerk uitgestal word, formeel versoek om die Bou-kunswerk óók in dié museum uit te stal. “Ons het reeds terugvoer van die museum ontvang wat aandui dat ’n komitee ’n vergadering belê het om die moontlike uitstalling van die Bou-kunswerk te bespreek.

“Die Bou-kunswerk beeld die positiewe dinge uit waaraan Suid-Afrikaners kan bou om 'n beter Suid-Afrika te skep: beter onderwys, produktiewe werkplekke, gesonde gesinne en veilige gemeenskappe,” sluit Redelinghuys af.

  •  
  •  
  •  
  •  
Redakteursbrief

So staan nog ’n jaar einde se kant toe. Hoewel die laaste deel van 2018 steeds volgepak is met dinge om af te handel, kan ons reeds met tevredenheid terugkyk op die jaar se groei en sukses tot op hede. Hierdie is die 100ste uitgawe van Solidariteit Tydskrif en bied dus die perfekte geleentheid vir […]


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close