Solidarteit Wêreld
2017 – Uitgawe 6 Redakteursbrief
Wees jý die lig in die donker
Deur Michelle | 16 November 2017

Hierdie jaar het, soos alle ander, teen die spoed van wit lig weggetrek en daarna ook min blaaskans vir enigeen gebied. Dit is waarskynlik omdat 'n mens so druk besig is dat jy so dikwels vra: “Waar is die tyd heen?” Andersins betrap ons onsself dat ons weer sê: “Ek kan nie glo die einde van die jaar is weer om die draai nie.”

Een manier waarop ek 'n jaar meet om doodseker te maak ek het al twaalf maande van 'n jaar regverdig ontvang, en nie enige maand minder as my beste gegee nie, is om nabetragting te hou. Dit doen ek deur in my dagboek terug te blaai. Dit mag dalk nie vir almal werk nie, maar ek hou slaafs boek van al my vergaderings, ek skryf elke liewe dag my om-te-doen-lysie neer en ek merk af soos wat ek alles bygewoon of afgehandel het.

En as ek, soos ek nou hier sit, deur 2017 se dagboek blaai, is dit vir my duidelik dat dit 'n jaar was waarin die Solidariteit Beweging en so baie van sy lede en ondersteuners gewys het hoe sterk 'n lig in die donker kan skyn. As elkeen op sy of haar manier help om só 'n lig in die donker te kan wees, dink net hoe helder sal die wêreld om ons wees. Om 'n ligdraer te wees, is nie maklik nie, maar dit is vir seker die moeite werd. Die kleinste liggie kan immers die donkerste vertrek verlig!

In die laaste uitgawe van vanjaar se Solidariteit Tydskrif kyk ons terug op die jaar se doen en late. Ons vier tientalle welslae, maar ons treur ook saam met die meer as 70 gesinne wat tot dusver vanjaar geliefdes op plase aan die dood afgestaan het. Ons bekyk die kwessie van rasseverdeeldheid en vertel waarom organisasies meer as ooit tevore moet let op die bestuur van hul reputasie, veral op sosialemediaplatforms.

AfriForum is besig om sy gemeenskapsake-afdeling uit te bou. Dié afdeling is daarop gerig om gemeenskapselfstandigheid as alternatief vir staatsafhanklikheid te bied. AfriForum het voorts ’n nuwe eenheid op die been gebring om rassisme en haatspraak aan die kaak te stel. Adv. Gerrie Nel is ook slaggereed vir die burgerregtegroep se eerste privaat vervolgingsaak.

Helpende Hand staan op sy beurt grondslagfase-onderwysers by deur ’n splinternuwe Afrikaanse Grondslagfase Vereniging (AGV) as deel van sy Skoleondersteuningsentrum. Die doel van die AGV is om onderwysers wat betrokke is by grondslagfase-onderrig (gr. RR tot gr. 3) te help in hul belangrike taak, want hulle is tydens hierdie kritieke fase van kinders se ontwikkeling die verantwoordelike ligdraers.

Ons stel ook twee van die Solidariteit Beweging se grootste ligdraers, Flip Buys en dr. Dirk Hermann, se boek Vat jou goed en bou! Twintig jaar van Solidariteit, bekend. Flip en Dirk is reeds twee dekades besig om aan die Solidariteit Beweging te bou en dié boek bevat ’n keur van hul artikels en rubrieke wat die afgelope paar jaar verskyn het.

Verder vier ons Sol-Tech se tiende bestaansjaar, vertel waarom Akademia wêreldklas in Afrikaans is en kuier in Maroela Media se kombuis.

Laaste maar beslis nie die minste in hierdie “ligdraers”-uitgawe nie, moet ons ook vertel van 'n “plek” van lig. Ons Plek Derdepoort is Helpende Hand se gemeenskapsentrum in Pretoria wat net meer as 'n jaar gelede begin is. Die sentrum se hooffokus is om 'n gratis Afrikaanse naskoolsentrum aan behoeftige kinders te bied. Lees gerus die hartroerende storie op bladsy 20 oor die verskil wat hierdie sentrum in die gemeenskap maak.

Skryf sommer ook 'n persoon of projekte wat hul gemeenskap op 'n spesiale manier bystaan, in vir die Solidariteit Tydskrif-kompetisie. Jy staan die kans om R4 000 kontant vir die projek van jou keuse te wen!

Dankie vir jou getroue ondersteuning dwarsdeur die jaar. Sonder elke lid se unieke bydrae sou die Solidariteit Beweging nie kon wys hoe helder 'n lig in die donker kan skyn nie.

Mag jy en jou geliefdes hierdie komende Kerstyd waarlik God se rus en vrede beleef. Sy lig laat skyn!

 

Ander Artikels

Onwankelbaar, rotsvas!

Deur Marietha Malan Ek het nog nooit van verandering gehou nie. In die personeelkamer kies ek my stoel in ’n veilige hoek. Selfs op die eerste werkdag van die nuwe jaar, wanneer almal tradisioneel weer nuwe plekke kies, mik ek vir my ou stoel. Ek ry soggens altyd dieselfde pad werk toe en hou dieselfde […]




Occupational guilds – medieval to modern

By Wilmarie Brits Guilds originated in the High Medieval Period, as craftsmen united to protect their common interests in a particular trade. Guilds were generally organisations that used an early form of accreditation and membership in the form of letters patent, which were issued by the local lord. These letters patent afforded the guild the […]




Maak 2020 se Kersfees besonders

Deur Wilmarie Brits Die jaar 2020 was beslis onvergeetlik, maar nie vir die regte redes nie. Die ekonomie het ons almal gedruk soos ’n nuwe paar skoene en talle mense voel aan die einde van dié lang jaar moedeloos, onseker of bloot net omgekrap omdat dinge nie volgens plan verloop het nie. Jy het egter […]




’n Welstandfokus is kritiek vir herstel

Deur Cilleste van Dyk Solidariteit sien sy lede nie net as werknemers nie, maar ook as mense wat as deel van ’n gesin en ’n gemeenskap funksioneer. Die maatskaplike gevolge van die Covid-19-pandemie is omvangryk en daarom het Solidariteit ’n maatskaplike oorbruggingsplan as deel van die Werkherstelprogram bekendgestel. Lees gerus meer op bladsy 40 oor […]




Werkbehoud en -herstel in die nuwe wêreld van arbeidsverhoudinge

Deur Reon Janse van Rensburg Die Covid-19-krisis het die skuif na elektroniese platforms vir werkgewers en werknemers versnel om ’n interaktiewe werkgemeenskap moontlik te maak. Solidariteit gaan in die volgende 18 maande die eerste interaktiewe en geïntegreerde werkgemeenskap ter wêreld bekendstel. Al die elemente van die Solidariteit Netwerk en die Werkherstelprogram gaan op die platform […]





Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close