Solidarteit Wêreld
2017 – Uitgawe 6
Wees ligdraer in gemeenskap
Deur Michelle | 16 November 2017

Die klein blondekoppie kom spring soos elke middag op Herman Kloppers se skoot in sy kantoor. Daar is 'n paar windverwaaide kuifhaartjies wat lankal uit die twee poniesterte bo haar ore ontsnap het, en nou aan die stofgesiggie vasklou. Sy vee dit eers met die agterkant van haar hand weg en nadat sy hom 'n stywe drukkie gegee het, fluister sy met haar kop in sy nek gedruk, saggies in sy oor: “Tatta, Pappa.”

Sy oë versag en hy antwoord eenvoudig: “Soet wees, Bella*, ek sien jou weer môre.”

Hierdie aangrypende toneeltjie speel elke dag af in die kerksaal van die Gereformeerde Kerk in Derdepoort, Pretoria, waar Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapsentrum 'n gratis Afrikaanse naskoolsentrum bedryf. Lees meer oor hierdie wonderlike storie op bl20.

Weet jy van soortgelyke gemeenskapsprojekte of gewone mense wat elke dag buitengewone dade vir ander mense doen?

Nou is jou kans om hierdie projek of persoon by te staan!

Skryf in vir hierdie kompetisie en staan die kans om R4 000 vir die gemeenskapsprojek of persoon van jou keuse te wen. 

Hoe neem ek deel?

Stuur 'n SMS met die woord Tydskrif-kompetisie, jou naam, van en die projek of persoon wat die gemeenskap bystaan se naam na 34802. SMS’e kos R2. R4 000 kontant is op die spel! Die sluitingsdatum van die kompetisie is 1 Desember 2017.

  •  
  •  
  •  
Redakteursbrief

Hierdie uitgawe van Solidariteit Tydskrif is amper so geskiedkundig soos die laaste paar maande waarin elkeen van ons gekonfronteer is met die Covid-19-pandemie wat die wêreld basies tot stilstand gebring het. Dit sal die eerste keer wees wat die tydskrif nie gedruk word nie. Daar was tot dusver, met 107 uitgawes agter die blad, nog […]


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close