Solidarteit Wêreld
2020 – Uitgawe 4 Nuuswaardig
#WerkMaakSterk: Solidariteit maak werk van Covid-19 se gevolge
Deur Lize-Mari | 14 September 2020

Foto krediet: iStock

Deur Reon Janse van Rensburg

Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, lê die grootste herskommeling van die Suid-Afrikaanse werkmag nou voor. Groot maatskappye wat etlike dekades reeds deel van die Suid-Afrikaanse ekonomie vorm en duisende werkgeleenthede aan Suid-Afrikaners bied, het begin met afleggings. Die ekonomiese gevolge van Covid-19 hou groot ellende vir maatskappye en hul werknemers in.

Daarom het Solidariteit in hierdie donker tyd die taak onderneem om sy werknemers nuut op te lei sodat daar tydens die groot herskommeling van die werkmag bystand aan mense verleen kan word.

Solidariteit is veral bekommerd oor individuele werknemers wat alleen in die krisis vasgevang is en geen kollektiewe beskerming teen die gevolge van die pandemie het nie.

Solidariteit het oor die jare talle welslae namens sy lede behaal en het selfs in die moeilike tye wat deur die regering en die pandemie veroorsaak is, baklei vir lede se werk en loopbane asook die behoud van ’n normale en selfstandige samelewing waar elke persoon vry, veilig en voorspoedig kan leef.

Die goeie werk wat Solidariteit verrig, sluit die volgende in:

  • Danksy volgehoue druk het Solidariteit daarin geslaag om die artikel 189A-proses wat 1 000 poste by die Landbounavorsingsraad (LNR) in gedrang sou bring, te stuit. Solidariteit sal eersdaags begin om alternatiewe te ondersoek sodat moontlike afleggings in die toekoms vermy kan word.
  • Solidariteit het lt.kol. Annemarie Oosthuizen, ’n lid van die SAPD, verteenwoordig nadat sy valslik van rassisme aangekla is. Die hof in Noordwes het bevind dat Oosthuizen onskuldig is. Solidariteit is opgewonde om aan te kondig dat die twee SAPD-lede wat die valse beskuldigings gemaak het, skuldig bevind is aan aanranding, regsverydeling, meineed en crimen injuria.

Solidariteit veg ook vir die agterstallige salarisse en die toekoms van sy lede wat by Denel werksaam is, en vir die werk van duisende ander Solidariteit-lede wat werkbeskerming benodig.

Daar sal na raming tot 5 miljoen werknemers in Suid-Afrika wees wat hul werk en inkomste weens die ekonomiese gevolge van die pandemie gaan verloor, en niemand kan nou bekostig om alleen in die werkplek te wees nie.

Solidariteit word ongelukkig dikwels oorval met versoeke om hulp van mense wat nie lede is nie, wanneer dit reeds te laat is. Daarom wil Solidariteit jou aanmoedig om vriende, familie en kollegas wat nie tans werkbeskerming het nie, na Solidariteit te verwys. Om aan te sluit, SMS “LID” na 34802.

 

“Die individuele werknemer kan in die groot ratte van die Covid-19-werkplekherstrukturering vasgedraai word. Dit is ’n aaklige tragedie wat Solidariteit reeds sien gebeur. Ons wil jou verseker dat Solidariteit hier is vir jou en dat jy vandag reeds moet uitreik na Solidariteit, want môre is dalk te laat.” – Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit

Redakteursbrief

Deur Cilleste van Dyk Ek skryf vandag die derde opeenvolgende brief vir julle vanuit my woonkamer-kantoor, maar tog voel dit vir my soos ’n keerpunt. Ons is uiteindelik op vlak 2 van die inperking en dis byna asof daar weer ’n mate van normaliteit terugkeer. Die klein bietjie meer vryheid het my laat besef dat […]


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close