Solidarteit Wêreld
2017 – Uitgawe 5 In Beweging
Wolkskool ontsluit nuwe leerwêreld
Deur Michelle | 29 September 2017

Skool is deesdae glad nie meer soos dit in die verlede was nie. Kinders moet reeds van kleins af talle uitdagings die hoof bied – dikwels uitdagings waarvoor baie volwassenes nie eens kans sien nie. Die behoefte aan ’n nuwe manier van skoolgaan is groter as ooit.

Om aan dié ewig veranderende behoeftes te voldoen, het Solidariteit Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum (SOS) met die gedagte van ’n Wolkskool vorendag gekom.

Die doel van die Wolkskool is om kinders sover moontlik te ondersteun met hul skoolloopbaan. Die Wolkskool is ’n aanlynplatform wat aan Helpende Hand-ondersteuners toegang gee tot opvoedkundige video’s wat 24-uur per dag beskikbaar is.

Die Wolkskool bied video’s oor spesifieke onderwerpe vir graad 4- tot 12-leerders in wiskunde, graad 8- tot 12-leerders in Afrikaans, en rekeningkunde vir matrikulante. Daar is ook ’n spesiale aanlynwinkel op die webwerf beskikbaar waar werkkaarte, vraestelle met memorandums en ander hulpmiddels teen ’n stewige afslag verkoop word.

En as dit nie genoeg is om jou te oortuig nie, kry kinders nou ook toegang tot ’n wiskunde-kenner wat hulle 24 uur ’n dag kan bystaan met moeilike vrae.

Dit is reeds herhaaldelik bewys dat die gebruik van video’s as onderrigmodel talle voordele inhou. Nie net bly kinders langer gefokus nie, maar hulle onthou ook die feite baie beter. Sommige studies het bevind dat kinders tussen drie en vyf keer beter leer met behulp van video’s as wanneer hulle normaalweg studeer.

Volgens Anita Lourens, projekorganiseerder by Helpende Hand, kan enige leerder kyk na ’n uur lange video wat deur van die land se beste onderwysers saamgestel is. “Ons wil dit graag moontlik maak vir enigiemand om die beste gehalte Afrikaanse video’s te kyk,” sê Lourens.

“Helpende Hand-ondersteuners kry gratis toegang tot die Ons Skool-kanaal en mense wat nog nie Helpende Hand-ondersteuners is nie, kan aansluit vir R50 of meer per maand.”

Om toegang tot die Wolkskool te kry, SMS die woord “wolk” na 39950 en sluit aan as ’n Helpende Hand-ondersteuner. Elke SMS kos R2. Besoek gerus www.wolkskool.co.za om self te kyk hoe die stelsel werk.

 

  • 1
  •  
  •  
Redakteursbrief

Met die Solidariteit Beweging se Toekomsberaad op 10 Oktober vanjaar het Solidariteit die laaste deel van 2019 met ’n groot hoogtepunt aangepak. Dit was ’n heerlike geleentheid waartydens die energie en opgewondenheid tasbaar was onder die groep mense wat saam groot dinge vir ons toekoms help beplan. Tydens die vorige Toekomsberaad, wat in 2015 gehou […]


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close